Huwelike
U is baie welkom om van ons kerk gebruik te maak vir u huwelik. U hoef nie ’n lidmaat van die NG Kerk te wees om hier te trou nie. Foto’s van ons kerkgebou (binne en buite) kan in die Foto-album bekyk word. Vir u gerief is ’n aantal vorms in .pdf formaat beskikbaar. U kan dit druk (“print”) of stoor (“save”) op u rekenaar. As u die dokumente in Engels verlang kan u hier klik.
U is ook welkom om direk met die Skriba van die NG Gemeente Franschhoek te skakel. Sy is mev Karen Minnaar.
Klik hier vir 'n "Google Maps" kaart wat die kerk aandui.
Vorms van die Departement van Binnelandse Sake
(Die Departement se vorms is slegs in Engels beskikbaar)
