Ryker, ongelukkiger…?!

deur Stephan Joubert

“As ons wêreld so welvarend is, hoekom is ons dan nie gelukkig nie?” Dis ‘n vraag wat ‘n filosoof iewers gevra het wat my steeds bybly. Hy sê ook dat diegene wie se lewenstandaard toeneem se geluk nooit in dieselfde mate toeneem nie. G’n wonder nie dat ‘n meningspeiling wat deur die bekende Time Magazine ’n paar jaar gelede oor geluk onderneem is bevind het slegs 17% mense loop oor van geluk; 60% mense is soms gelukkig en die res is selde tot nooit gelukkig nie. Wie weet, dalk is geluk toe nie dit waaroor die lewe gaan nie. Innerlike vrede en tevredenheid is wat saak maak. Hierdie vrede, waarvan Paulus in Filippense 4 praat, en wat die verstand en hart te bowe gaan, is nooit afhanklik van jou omstandighede, emosies of besittings nie. Jy hoef met ander woorde nie eers ’n middelklas inkomste te hê, of in super-veilige omstandighede te bly voordat jy tevrede is nie. God se innerlike rus is presies wat dit sê – ’n innerlike rus in die Here Self. Dis om te weet dat jou lewe in die hand van ‘n genadige Vader is, maak nie saak wat gebeur nie.  Jou vrede is in Hom, nie in dinge nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Van ons Facebook blad

Kalender

May 2019
Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Sunday
April 29, 2019 April 30, 2019 May 1, 2019 May 2, 2019 May 3, 2019 May 4, 2019 May 5, 2019
May 6, 2019 May 7, 2019 May 8, 2019 May 9, 2019 May 10, 2019 May 11, 2019 May 12, 2019
May 13, 2019 May 14, 2019 May 15, 2019 May 16, 2019 May 17, 2019 May 18, 2019 May 19, 2019
May 20, 2019 May 21, 2019 May 22, 2019 May 23, 2019 May 24, 2019 May 25, 2019 May 26, 2019
May 27, 2019 May 28, 2019 May 29, 2019 May 30, 2019 May 31, 2019 June 1, 2019 June 2, 2019

Archives

wordpress stats plugin