Gebruik jou tyd beter

– deur Stephan Joubert – ekerk

Ek lees iewers dat as jy 70 jaar oud word, dan sou jy jou lewensjare as volg gebruik het:

  • 23 jaar lank geslaap
  • 14 jaar gewerk
  • 8 jaar voor die TV
  • 6 jaar geëet
  • 4 jaar op reis
  • 4 jaar in gesprekke
  • 1 jaar gewy aan leeswerk.
  • O ja, as jy elke Sondag kerk toe gegaan het, en elke oggend en aand vir 5 minute gebid het, dan het jy ‘n volle 5 maande uit die 70 jaar hieraan spandeer.

Vyf maande uit 70 jaar? Lyk my dis die winskoop van die jaar om te glo, want dit kos ons amper niks nie – hoogstens vyf maande uit sewentig jaar van ons lewe in terme van aktiewe godsdienstige diens! Helaas kos dit vir die meeste mense nie eens naastenby so baie nie. Ek meen, dis nie asof die meeste mense wat hulleself Christene noem elke Sondag op hulle pos is in die kerk of vyf minute per dag aan gebed wy nie.

Wil jy nie hier teen die einde van 2014 besluit om jou tyd meer effektief te benut nie? Soos wat jy weet vlieg die tyd. Dis kosbaar. Ons moet dit uitkoop, soos wat Paulus vir die Efesiërs skryf, anders mors ons ons tyd. Die belangrikste stap tot effektiewe tydsbenutting is om die regte geestelike dissiplines in jou lewe in te bou en daarby te hou. Nou ja, dis regtig nie te veel gevra om die oujaar af te sluit en 2015 te begin met ’n nuwe gebedsroetine nie. ’n Vars en meer lewenskragtige geestelike lewe gebeur aan die hand van die regte geestelike dissiplines. In gewone taal gesê, dit gaan oor die daaglikse buig van ons knieë voor die almagtige God en oor die gereelde saamwees met ander gelowiges by samekomste waar ons geloof opgebou word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Van ons Facebook blad

  • Graag verneem ek wie preek Sondag?

    May 18

  • Johan by #Kaapsinode2019

    May 17

  • May 16

  • Kom skenk bloed tot 7uur vanaand by die kerksaal.

    April 30

  • Ons wil graag vir almal baie baie dankie sê vir elke bydrae wat ons kon saamneem wat "hoop" kon gee in die gemeenskap van Fraserburg tydens die droogte. Kyk gerus die videoclip en lees die getuienis van Henry Jonker wat saamgereis het. Geseënde Paasfees Videoclip https://www.youtube.com/watch?v=A-JQrlka4A8&feature=youtu.be Getuienis Henry http://www.henry.co.za/avonture/droogtehulp-na-fraserburg/ https://www.youtube.com/embed/A-JQrlka4A8

    April 19

Kalender

March 2019
Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Sunday
February 25, 2019 February 26, 2019 February 27, 2019 February 28, 2019 March 1, 2019 March 2, 2019 March 3, 2019
March 4, 2019 March 5, 2019 March 6, 2019 March 7, 2019 March 8, 2019 March 9, 2019 March 10, 2019
March 11, 2019 March 12, 2019 March 13, 2019 March 14, 2019 March 15, 2019 March 16, 2019 March 17, 2019
March 18, 2019 March 19, 2019 March 20, 2019 March 21, 2019 March 22, 2019 March 23, 2019 March 24, 2019
March 25, 2019 March 26, 2019 March 27, 2019 March 28, 2019 March 29, 2019 March 30, 2019 March 31, 2019

Archives

wordpress stats plugin