Raak bekend daar waar dit regtig saakmaak

Raak bekend daar waar dit regtig saakmaak

deur Stephan Joubert (eKerk)
Lyk my, elke tweede Facebook bladsy of Youtube video handel deesdae oor indiwidue wat voor aankomende treine verbyhardloop, oor geboue probeer spring met motorfietse, en wat nog alles. Mense vang die vreemdste dinge aan en plaas dit op sosiale media. Daarom verbaas dit my nie dat ’n onlangse studie onder die millennium generasie bevind het dat ’n beduidende groep jongmense glo hulle gaan binnekort “celebrities” wees, al moet hulle ook, soos wat hulle dit stel: “extreme things” waag.

Voordat jy my verkeerd verstaan: bekendheid as sodanig is nie ’n probleem nie. Die Here gebruik graag ook bekende mense. Vat maar vir ’n Josef, ’n Moses of ’n Ester wat almal binne hulle eie dag bekend was. Bekendheid kan egter nooit ’n doel opsigself wees vir Christus se mense nie. Wat help dit in elk geval ons wen die hele wêreld maar ons siel ly skade, soos wat Jesus in Matteus 10 vir ons sê? Vandag se helde is môre se vergetenes. Ons hoef regtig nie beroemd te wees om die regte dinge vir die Here te doen nie. Ook hoef ons nie ekstreme dinge te doen, of selfs groot dinge om die regte impak vir Hom te maak nie. Dit is juis deur ons getrouheid in klein dingetjies soos vriendelikheid, deernis en respek vir ander mense, asook deur aanhoudende klein dade van ontferming in Jesus se Naam, dat Hy geëer word. Tereg sê Jesus dan ook in Matteus 10 dat nie eens ’n bekertjie koue water wat stilweg uitgedeel word ongesiens by die hemel verbygaan nie. Doen dit en raak beroemd op die regte plek — daar waar God en sy hemelse skares is.

– stephan joubert

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Van ons Facebook blad

  • Wat n heerlike oggend van lof en aanbidding by VGK Franschhoek. Dit was heerlik om weer saam diens te hou. Peet het n pragtige boodskap oor gasvryheid gebring. Mag ons voortbou op hierdie saamwees. Shaun en sy gemeente wil ons bedank vir die hartlikheid waarmee hulle ons ontvang het. Ons voel al tuis by julle!!

    September 01

  • Sondag hou ons weer 'n gesamentlike diens by die VGK Gemeente Franschhoek. Dit is Lente dag, so kom ons gaan loof en prys die Here saam met ons bure vir die nuwe seisoen. Die diens begin half tien, maar kom vroeg om sitplek te kry. Hoop ons sien jou daar.

    August 30

  • Kom skenk bloed vandag van 13:00 tot 19:00 in die kerksaal.

    August 27

  • August 26

  • Almal word uitgenooi na hierdie kursus by Toringkerk. Hulle reel selfs vir kinderoppassers.

    August 21

Kalender

October 2019
Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Sunday
September 30, 2019 October 1, 2019 October 2, 2019 October 3, 2019 October 4, 2019 October 5, 2019 October 6, 2019
October 7, 2019 October 8, 2019 October 9, 2019 October 10, 2019 October 11, 2019 October 12, 2019 October 13, 2019
October 14, 2019 October 15, 2019 October 16, 2019 October 17, 2019 October 18, 2019 October 19, 2019 October 20, 2019
October 21, 2019 October 22, 2019 October 23, 2019 October 24, 2019 October 25, 2019 October 26, 2019 October 27, 2019
October 28, 2019 October 29, 2019 October 30, 2019 October 31, 2019 November 1, 2019 November 2, 2019 November 3, 2019

Archives

wordpress stats plugin